4 tot 6 porsies

  • bietjie olie
  • 500 g of 8 kaasvarkworsies
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • knypie droë roosmaryn

DEEG

  • 375 ml (1½ k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 3 ml sout
  • knypie swartpeper
  • 3 ekstragroot eiers
  • 60 ml (4 e) olie
  • 375 ml (1½ k) volroommelk
  • 187 ml (¾ k) water

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak van 28 cm x 18 cm.

  1. Verhit ’n bietjie olie en braai die varkworsies tot gaar. Voeg die kruie by net voordat die varkworsies amper gaar is en braai nog 2 minute.
  2. Skep die gaar varkworsies in die voorbereide oondbak.
  3. DEEG: Meng die koekmeel, bakpoeier, sout en swartpeper in ’n mengbak.
  4. Klits die eiers tot gemeng, voeg die olie, melk en water by en roer weer tot gemeng.
  5. Voeg die melkmengsel bietjies op ’n slag by die meelmengsel. Roer sodat dit gladde beslag vorm.
  6. Giet die beslag oor die varkworsies in die oondbak. Bak vir 40 minute of tot ligbruin bo-op.
  7. Sit louwarm saam met slaai voor.

 

Uit: Beste uit Vrouekeur: 50 gesinsresepte Nr.3, Marlo Kitshoff-Carstens (2015), LAPA Uitgewers