Upcycling is die term wat gebruik word vir die kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewenste items, om nuwe produkte te skep wat waarde het.

Dit is meer as net die hergebruik van alledaagse weggooigoed. Jy moet die oorspronklike doel van die voorwerp buite rekening laat en met heeltemal nuwe oë daarna kyk.

Maak iets moois vir jouself, jou ma of jou geliefde!

 

JY HET NODIG:

  • Dun koperdraad, ongeveer 1 m lank
  • ’n Ronde vorm waarom die draad gedraai kan word
  • Krale – ongeveer vier van 5 mm in deursnee
  • Tang

 

  1. Draai die draad ongeveer agt keer om die vorm.
  2. Draai die ring styf vas met die draad.
  3. Ryg die vier krale deur die draad.
  4. Draai die ring net na die krale weer styf vas.
  5. Draai elke kraal teen die ring vas met die draad wat oorbly.
  6. Steek die punt van die draad weg tussen die krale.

 

Projek uit: Opgedollie: Upcycling-projekte, Thana Nel, LAPA Uitgewers (2017)

Advertisements